.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Potchefstroom Gimnasium weer in ATKV-Tienertoneelfinaal

16 Sept 2015

 
Die Potchefstroom Gimnasium het wvir die derde agtereenvolgende jaar deurgedring na die ATKV-Tienertoneelkompetisie se finaal wat aangebied word tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom van 6 tot 10 Oktober 2015.
As die trein kom is geskryf deur dr. Pierre-André Viviers wat ook optree as regisseur saam met Heilet Zaaiman.
Nine en Simone sit in die middel van die Karoo op ’n stasie en wag vir ’n trein. Hulle moet wegkom, hoe gouer, hoe beter. Daar moét tog plekke wees wat beter is as die Karoo? Plekke met torings, katedrale en kastele. Ag, eintlik sal enige plek werk solank dit net nie die HIER en die NOU is nie. Die enigste probleem is net dat daar lankal nie meer treine by die stasie stop nie. Wat doen mens as jy moet wegkom ... en jy sit gestrand op ’n stasie soos ’n trein sonder sy spore?
Shirley Ellis, wat die toneelstuk tydens die Potchefstroom-streeksfees beoordeel het, se kommentaar is: “’n Uiters kreatiewe saamweef van teaterelemente om ’n pragstuk aan te bied.”  
Dié stuk word Woensdag, 7 Oktober om 09:00 en Donderdag, 8 Oktober om 11:30 by die Hoër Tegniese Skool Potchefstroom opgevoer.  Kaartjies vir die finaal is beskikbaar by Computicket teen so min as R70 vir twee produksies.
Altesaam 180 toneelstukke is vanjaar ingeskryf vir die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met ongeveer 3 000 hoërskoolleerlinge wat die verhoë warm gespeel het. Tien streeksfeeste het gedurende Augustus plaasgevind. 
Die doel van dié oudste projek van die ATKV is om ’n liefde vir Afrikaanse toneelspel en -kyk by hoërskoolleerders te kweek sodat leerlingeders hulle eie kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel.
Ira Blanckenberg het ook as beoordelaar opgetree tydens die streeksfeeste en deel haar gewaarwording: “Die ATKV-Tienertoneelkompetisie bied jaarliks duisende leerlinge die kans om die verhoog te betree en nie net meer te leer van toneelspel nie, maar terselfdertyd as mens te groei. Vir ’n oomblik staan hierdie leerlinge vreesloos in ’n karakter se skoene en ontwikkel in die proses empatie met hul medemens. Hierdie empatie neem leerlinge vir altyd met hulle saam en hulle word meer bedagsaam, verdraagsaam en bewus van die mensdom om hulle.”
Ira tree gedurende die finaal saam met Hennie van Greunen, Pedro Kruger, Marí Borstlap, Elma Postma, Ilse Oppelt en Wilhelm van der Walt as beoordelaars op.
Die 10 produksies wat sal meeding vir R30 000 prysgeld en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee, is die hoërskole Eldoraigne met Vriendin, Jan van Riebeeck met Jaarblad, Noordheuwel met Dubbel Drie, Upington met Kaplyn, Wilgerivier Frankfort met Mallewales en Zwartkop met Hospitaner, die Hoër Meisieskool Bloemhof met vyf : ’n dokumentêr, Port Natal Skool met Vergeet om te vergeet, die Potchefstroom Gimnasium met As die trein kom en Randfontein High School met Die Einde. Die naaswenner ontvang R20 000 en die toneelgroep wat in die derde plek aangewys word ontvang R10 000.